Change Language

Waarom Brahman?

Daar is een vleisras in Suidelike Afrika wat die samestelling van kommersiële kuddes verander het as gevolg van sy veelsydige prestasie. Kosmeties of geneties, die Brahman is `ʼn opsie waarmee daar vir altyd rekening gehou sal word.

Watter ander ras verskaf:

  • Drie markgeleenthede of drie maniere van waardetoevoeging, wat winste beteken deur middel van:
    a) die teel van geregistreerde Brahman,
    b) die teel van F1-Brahman vroulike diere (Eerste generasie kruis met enige ander ras), of
    c) die teel van ‘n saamgestelde ras soos die Simbra, Brangus, Chabray, Braford ens.
  • Genetiese veelsydigheid (Wit-, Rooi Brahman, Gir, Nelore, Indu Brazil en Guzerat) as gevolg van hul genetiese uniekheid?
  • Meer basterkrag of heterose met betrekking tot:
    a) Persentasie Besetting: 70.1 – 100.00%
    b) Kalwingsprobleme: 0.0 – 10.0%
    c) Speenmassa en speen/koeimassa verhouding: 50.6%
    d) VOV (Voeromsetverhouding): +6.7%
    e) GDT (Gemiddelde daaglikse toename: +16.8%
  • ‘n Meer gesogte F1 vroulike dier as BASISKOEI vir die teel van daardie gesogte kruiskalwers (tollies) vir die voerkraal?
  • Gehardheid en aanpasbaarheid as gevolg van lae onderhoudsbehoeftes, hitte weerstand, siekte weerstand asook weerstand teen opblaas?
  • Die jaarlikse publikasie van `ʼn Teelt- en Beoordelaarsbeleid sedert 1989?
  • ‘n Elite Register Program (ERP), waar `ʼn bul se nageslag in die skou (fenotipe) verbind word met sy geskatte teelwaardes (EBV’s)
  • ‘n Genetiese bul ontleding (BLUP) sedert 1996 met eienskapleiers vir geboorte, speen, 12-maande en 18-maande gewig?
  • ‘n Geleentheid om bulle te identifiseer volgens minimum en maksimum teelwaardes (EBV’s)?
  • ‘n Geleentheid om oor ‘n langer periode ‘n gewigspremie (R-c) te verkry op karkasse wat steeds as A en AB gegradeer word, bloot as gevolg van die feit dat die Brahman tot so laat as 32 maande eers begin wissel.
  • Vroeë markklaarheid. Empiriese navorsing het bewys dat die Brahman en Brahman kruisings reeds op 30 maande markgereed was. Hul markklaarheidsouderdom was 6.9 maande vroeër as
    die vergelykende rasse, terwyl hulle ook 21% vinniger gegroei het.
  • Die Brahman Joernaal, ‘n glans publikasie sedert 1981 – 5 uitgawes per jaar.
  • ‘n Outonome en verbruikersvriendelike Registrasie stelsel sedert 1 Junie 1999, wat optimale toeganklikheid tot dierdatarekords lei.
  • ‘n Outonome Prestasietoets Register sedert 1 Junie 1999 wat die berekening van beraamde teelwaardes insluit.
  • Toeganklikheid tot  ±400 lede en  ±56 000 geregistreerde beeste?
  • Die geleentheid om by die Genootskappe aan te sluit by wyse van ‘n volledige lidmaatskap of waar u kind, kleinkind, agterkleinkind, ouer of grootouers as ‘n sublidmaatskap kan aansluit?
  • ‘n Uitgebreide en wetenskaplike, landswye, Rasverbeteringsdiens.
  • Kortom, ‘n Genootskap waar jy tuis voel en kliënte tevredenheid, jou totale gemoedsrus gee.

Doelwitte

  • Ekonomiese Doeltreffendheid
    Verlaag finansiële insette deur doeltreffende benutting van ekstensiewe weiding.
  • Verleng Bemarkingstydperk
    Kwalifiseer vir A- en AB-grade tot so lank as 32 maande
  • Langslewendheid
    Die inherente vermoë om op ‘n hoë ouderdom (15 – 18 jaar) steeds produktief te wees.
  • Parasiet-Weerstandbiedend
    Vanweë die dier se gladde haarkleed, los, beweeglike vel, swart pigmentasie en olieklierafskeiding (sebum) is die ras daartoe in staat om parasiete doeltreffend te beheer.
  • Gehardheid
    Die vermoë van die ras om onder uiterste omgewingstoestande steeds te presteer en reproduktief te wees.
  • Aanpasbaarheid
    Om onder uiteenlopende omgewingstoestande uitstekend te presteer.
  • Moedereienskappe
    Beskik oor ‘n uitstekende instinktiewe vermoë om ‘n kalf te beskerm en ‘n ideale omgewing vir die kalf te skep.
  • Kalwingsgemak
    Die inherente vermoë van die koei om voorgeboortelike groei te beperk, wat ‘n laer geboortegewig tot gevolg het. Die kenmerkende hangkruis vergemaklik die geboorte verder.
  • Basterkrag
    Koning van kruisteling

Bogenoemde inligting is deur Brahman verskaf, besoek asseblief hul webwerf vir enige verdere inligting wat u www.brahmanshop.co.za benodig

Vir veilingsdatums en inligting, kliek hier