Die Charolais het sy oorsprong in die Bresse-Plateau-streek in die Jura-gebergte van Oos-Frankryk. Van die plateau van Bresse het die ras versprei na die vrugbare Charolles area.
Die naam Charolais word gevestig omrede die ras tot hierdie streek beperk was en vloreer het in beide prestasie en getalle.
Die Charolais ras het hom gedurende die 16de en 17de eeu gevestig as ‘n vooraanstaande rooivleis produsent in die Lyon en Villefranche mark.
In 1773 het Claude Matthieu sy kudde na Nievre verskuif en hierdie kudde word vandag beskou as die oorsprong kudde van die moderne Charolais. Gedurende die 19de eeu het die Charolais versprei na Sentraal-Frankryk en selfs so ver wes as Vendeé.
In 1864 sien die eerste “Charolais Herd Book” die lig in Frankryk. In 1907 was 1 026 000 Charolais versprei deur in Frankryk. Die getalle het gegroei tot oor die 3 000 000 Charolais en maak 80% uit van rooi vleis produsente in die streek.
Eers na die 2de wêreld oorlog het die Charolais ras sy verskeining in ander wêrelddele gemaak. Die eerste uitvoer na Brazilië in 1950 het bestaan uit 4 bulle en 6 vroulike diere asook 5 bulle en 11 vroulike diere na Argentinia in 1955. In 1955 word een bul en 3 vroulike diere na Suid Afrika gebring, gevolg deur 3 bulle en 15 vroulike diere in 1956.
Met ‘n klein begin het die ras vining gegroei as gevolg van uitstekende aanpasbaarheid in verskillende streke en omstandighede.. In 1964 is 259 bulle en 1605 vroulike dier uitgevoer vanuit Frankryk na die res van die wêreld. Die tendens groei steeds aangesien die Charolais ras homself wêrelwyd bewys het in meer as 70 lande
In April 1966, 3 jaar na die eerste amptelike invoere van Charolais, word die Charolais telersvereniging van Suid Afrika geaffilieer by die Suid Afrikaanse Stamboek en Vee -verbeteringsvereninging.
Bogenoemde inligting is deur Stamboek (Charolais) vereniging verskaf. Besoek gerus die Charolais webtuise vir verdere inligting.